'n Dinamiese Besigheidsnetwerk gelanseer!Tydens die bemarking van advertensiespasie in die Clickonit Vakansiegids van Somer 2009 het sekere besighede gekla dat hulle dit nie finansieël kan bekostig om te adverteer nie. Ander het weer beweer dat hulle nie kan adverteer weens die feit dat hulle te besig is en nie nog werk kan behartig nie. Hierdie was 'n vreemde verskynsel want as jy na die media luister, sukkel alle besighede, mense gaan bankrot en almal is onderdeur. Iets is iewers nie pluis nie aangesien die goudprys kort - kort verdubbel, die rand verstewig aansienlik, rentekoerse het geval en die prys van ru-olie styg stadig. Restaurante is gepak, nuwe eiendomme word steeds gebou en motors word steeds verkoop. Ons is egter trots op die besighede wat aan ons veldtog deelgeneem het.
Om te adverteer dek vele aspekte en daar is ook verskeie redes hoekom 'n mens moet of wil adverteer. Advertensie en bemarking is egter twee verskillende konsepte wat ook tog hand aan hand gaan. Dit is egter interessant om te sien wat die verskillende persepsies van advertensie is.
Ons is lankal in 'n nuwe era met apartheid, die industrieële eeu en outydse maniere agter die rug waarin sulke praktyke die mens beheer het deur die voorskrifte van eiesinnige reëls van moets en moennies. Ons was so gewoond om gereeld opleiding te ontvang en na sakereuse, onderwysers en predikers te luister wat ander se reëls op ons afgedruk het dat ons nou met al die verandering die laaste 14 jaar skoon verward is. Sommige weet waar hulle vandaan kom, maar hulle weet nie waarheen hulle gaan nie en andersom.
Baie (of meeste) besigheidreëls en praktyke is deesdae so verouderd, maar die meeste mense karring maar aan omdat dit vir hulle "werk".
Clickonit het sopas die
"Clickonit Besigheids Netwerk Suid Afrika" gelanseer en lede sal kennis kry van vergaderings en waar en wanneer dit plaasvind.
Die
"Clickonit Besigheids Netwerk Suid Afrika" is 'n sosialebesigheidsnetwerk wat gemik is daartoe om 'n sterker en meer dinamiese besigheidsgemeenskap te vestig. Nie alle resepte vir sukses is dieselfde nie. Deur by die
"Clickonit Besigheids Netwerk Suid Afrika" aan te sluit kan alle sakepersone en bestuur van sakeondernemings, hoe groot of gering ookal, die spesialiskennis wat hulle het met mekaar deel. Deur aktief te wees is positief, deur ander te motiveer en by te staan bou jy nie net vir hulle op nie, maar ook jouself.
Ons is siek en sat vir vervelige konferensies en besigheidvergaderings waar net sekere sakepersone oor hulle self spog en vervelige snol aflees en aframmel wat hulle iewers op 'n ou koerant in 'n publieke badkamer gelees het. Deur ons te probeer beindruk probeer diesulkes ook steeds die outydse manier van beheer selfgesentreerdheid, seleksie en beheer toepas om ander te oorskadu en beheer. Dit was die ou manier, ons moet onsself vernuwe deur 'n ommekeer te maak in ons denke en dade - ons dink nou met 'n oop en ondersteunende gemoed.
Die
"Clickonit Besigheids Netwerk Suid Afrika" is 'n lidmaatskapgedrewe organisasie wat daarop gemik is dat elke lid homself/haarself aanbied om die besigheidgemeenskap te bevorder. Saam bereik ons meer. Ons sal niks bereik deur lidmaatskap indien ons nie 'n poging aanwend nie. Daar word inligting en besigheidskaartjies uitgeruil op die netwerkvergaderings. Geleenthede word gedeel en lede beveel mekaar se besighede aan by kliënte. Lede promoveer hulle besighede op die artikels in
www.klikopdit.co.za sowel as op
www.clickonads.co.za.
Ons Missie"Insamewerking met ons lede strewe ons daarna om waarde te voeg by die besighede van ons lede, en die ekonomie in geheel, deur die voorsien van positiewe aanvaarbare inligting en materiaal, terwyl ons alle maniere van blootstelling, advertensie en bemarkingspraktyke sal toepas om die bes moontlike blootstelling en kennis aan ons lede te bied insluitend, maar nie beperk tot die internet en gedrukte"
Geleenthede:Platinum Lede kan Registreer as Herverkopers en Selgroep Bouers.
Wil u meer Weet?Klik hier vir meer InformasieOm aan te sluid as Lid:Klik Hier!